Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings

Die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (Engels: Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, DSM) word sedert 1952 deur die Amerikaanse Psigiatriese Vereniging (APA) gepubliseer en verskaf standaardkriteria vir die klassifikasie van geestesteurings. Dit word saam met ’n ander databasis, ICD-10 Hoofstuk V: Gedrags- en geestesteurings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), gebruik deur navorsers, psigiaters, medisynebeheer-agentskappe, gesondheidsversekeringsmaatskappye, farmaseutiese maatskappye, die regstelsel en beleidmakers. Die vyfde uitgawe, DSM-5 is op 18 Mei 2013 gepubliseer.[1]

Die DSM het ontwikkel uit stelsels vir die invordering van sensus- en hospitaalstatistieke en uit die handleiding van die Amerikaanse weermag. Sedert die eerste uitgawe in 1952 is ’n hele aantal steurings met elke nuwe uitgawe bygevoeg, terwyl ander wat nie meer as geestesteurings beskou word nie, verwyder is.

Die kodes in die DSM en dié in die ICD is in latere uitgawes by mekaar aangepas, hoewel daar steeds aansienlike verskille bestaan omdat die twee handleidings nie saam hersien word nie.

  1. Peter Kinderman (20 Mei 2013). "Explainer: what is the DSM?". The Conversation Australia. The Conversation Media Group. Besoek op 21 Mei 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy